Ons Gemeente is geleĆ« in die weste van Pretoria en strek ons grense oor Proklamasie Heuwel en 'n deel van Wespark. Natuurlik is daar baie van ons lidmate wat buite die grense van ons gemeente val en ry sommiges so ver as Pretoria Noord en Centurion om deel van die gemeente te wees.

Ons word tans bedien deur een leraar en een Pastorale hulp. Daar is nie 'n voltydse leraar nie maar die enigste een is as tentmaker bevestig.

Ons missie:

As LIGDRAERS van God, VERHEERLIK ons Hom, ONDERSTEUN ons mekaar en INSPIREER ons mense, deur hulp en hoop in ons omgewing te bring.