KUIERKERK

Elke Sondagaand probeer ons meer sosiaal maak by die kerk. Ons bied gewone eredienste aan, of ons kuier in die kerksaal rondom 'n teksgedeelte, amper soos Bybelstudie met 'n koppie tee of koffie. Soms het ons 'n "movie night" en kyk ons 'n lekker fliek met 'n inspirerende boodksap. Ander kere speel die orkes in die kerk en het ons 'n lekker Lof & Aanbiddingsgeleentheid.

Kom kuier saam met ons op Sondagaande om 18:00.

Ons volgende "movie night" is op 18 Augustus 2019. Ons gaan "Bruce Almighty" kyk. Sien die lokprent hier: BRUCE ALMIGHTY LOKPRENT 

Copyright NgKerkQuaggapoort