Daar is oor die jare getuienis van wonderlike dinge wat in ons gemeente gebeur het en dat die eens vooruitstrewende gemeente stampvol gesit het tydens oggenderedienste. Die jare en die omstandighede het sy tol geeis en het die gemeente onder baie swaartye deurgegaan.

 

Vandag is ons 'n klein gemeente en kan nie meer 'n voltydse leraar bekostig nie. Nou moet die gemeente staatmaak op die diens van leraars wat nie aanspraak wil maak op enige vergoeding nie.

 

Ons het tans een emeritus leraar wat as Pastorale Hulp bystand verleen.

 

Die waarde van 'n emeritus leraar sal seker nooit oorskat kan word nie, en is ons uiters dankbaar dat ons van die hulp gebruik kan maak.

 

Seënwense,

Ds Christo Viljoen