Ds Phillip Bergh
Ds Phillip is ons Pastorale hulp en is so ongeveer 30 jaar in die gemeente. Hy kom deur baie jare saam met die ontwikkeling van die gemeente en ken al die gemeentelede mooi by die naam - selfs hulle telefoonnommers.
Hy is getroud met Eugene en hul seun se naam is Johan.
Ds Christo Viljoen
Ds Christo is die tentmaker leraar. Hy is getroud met Antoinette met 4 dogters. Hy is betrokke by die gemeente vir ongeveer drie jaar, maar hou homself in die week besig met die IT Industrie. Hy is ook nou onlangs as tentmaker in die gemeente bevestig.